Skip to main content

Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het gesê dat Suid-Afrika sy enigste bestuurslisensie-drukmasjien na Duitsland gestuur het vir herstelwerk, is vandeesweek se mamparra.

“Die lisensiemasjien is in Duitsland. Dit het gebreek,” het Mbalula gesê.

Boonop word die herstelwerk vertraag weens die ‘feestyd’ in Duitsland, en sal die masjien na verwagting eers oor ‘n maand terug wees in die land.

Dit maak nie saak dat ongeveer 380 000 mense nie hulle reeds vervalde lisensies kan hernu nie. Wat wel vir die regering saakmaak is dat hulle nou sakke vol geld maak met tydelike bestuurslisensies/tussentydse aansoeke wat uitgereik moet word om boetes te verhoed.

Volgens somme gemaak op die huidige uitstaande bestuurslisensies wat nie hernu kan word nie, sal aansoek teen R228 elk nagenoeg R 86 640 000 in die staatskoffers laat beland. Voeg daarby R72 vir elke transaksie, dan beloop dit ‘n verdere R 27 360 000 wat mense ‘mahala’ moet uitgee omdat die regering slap is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!