Skip to main content

Lindiwe Sisulu, die minister van toerisme, het blykbaar 23% van haar rubriek woord vir woord geplagieër in reaksie op die sêgoed, van die ANC-veteraan, Mavuso Msimang. Dìt volgens ‘n resultaat verkry op Turnitin ‘n plagiaatopsporingsprogram.

Sisulu se woordvoerder, Steve Motale, het Donderdagmiddag die eise van die hand gewys en dit aanvanklik “WMC [witmonopoliekapitaal] propaganda in volle swang” genoem, voordat hy die boodskap uitgevee en nog ‘n antwoord gestuur het.

Sisulu het onlangs opslae gemaak nadat sy ‘n rubriek op 7 Januarie op IOL.com geskryf het met die titel ‘Hi Mzansi, have we seen justice?’  Daarin kritiseer sy die Suid-Afrikaanse regbank en beweer dat sommige regters “geestelik gekoloniseer” is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!