Skip to main content

‘n Gesondheidskliniek, Infusion Revolution Wellness Centre in Glen Marais, Kempton Park, offer ‘n wye reeks gesondheids- en skoonheidsbehandelinge onder die wakende oë en hande van medies-opgeleide personeel.

‘n Personeellid van Die Waarheid het by hulle gaan aanklop vir hulp met erge pyn en moegheid as gevolg van fibromialgie.

“Die diens was flink, die hulp uiters professioneel, en die behandeling het die kol getref,” sê Sonja Brown.

“‘n Verpleegsuster het, nadat sy my gemaklik gemaak het, ‘n Vitamien binneaarse drup toegedien.

“Binne sekondes nadat sy die drup oopgedrai het, het ek ‘n Vitamien B smaak in my mond gehad. Dit is hoe vinnig die binneaarse behandeling in jou sisteem opgeneem word.

“My drup het die volgende vitamiene, minerale en aminosure bevat:

  • Vitamien B12,
  • Vitamien B-kompleks,
  • Magnesium,
  • L karnitien,
  • Tonico,
  • Traumeel,
  • Spascupreel,
  • Koënsiem Compositum
  • Vitamiene C
  • Alfa-lipoïensuur
  • Arginien

“Dit was gekoppel met:

Osoon binneaarse terapie

Koënsiem Q10 IM inspuiting

Vitamien D3 IM inspuiting

Hoe dit werk:

Vitamien C help om fibromialgie te beveg deur jou immuunstelsel op te bou, jou selle te beskerm en hulle gesond te hou asook ondersteuning en struktuur gee aan ander weefsels en organe. Deur B-vitamiene by te voeg, help jy die liggaam om senuwee-geleiding te stabiliseer wat pyn verlig. Magnesium help die liggaam om spierspasmas, swakheid en liggaamspyn te vermy wat in terme van fibromialgie pyn verlig.

L Karnitien help die brein om neuro-oordragstowwe, serotonien en glutamaat te gebruik wat uit balans kan wees by pasiënte met fibromialgie. L Karnitien produseer ook energie wat chroniese moegheid aanhelp.

Koënsiem Q10 help die liggaam en verlig pyn terwyl dit moegheid en lusteloosheid verminder. Vitamien D het baie anti-inflammatoriese eienskappe en help ook om chroniese pyn te verlig. Traumeel en Spascupreel sal seer spasmas en pyn regdeur die liggaam help. L – Arginine is nog ‘n aminosuur wat bygevoeg is met anti-inflammatoriese eienskappe om die pyn te help verlig.

Osoonterapie is uiters effektief in die behandeling van fibromialgie aangesien dit dien as ‘n natuurlike pynstiller en antioksidant. Dit verbeter slaappatrone, chroniese moegheid en depressiewe simptome.

Bogenoemde behandelings is nie net vir fibro-kliënte nie, maar ook hulpmiddels met ‘n paar ander outo-immuun siektes soos lupus.

Die luukse Wellness Centre offer behandelings wat by elke individu se behoeftes en siektes aangepas word.

Hul bied ook komplimentêre terapie vir vrugbaarheid, kanker, voor en na Covid-19-inentings en Covid-19-herstelbehandelings aan.

Die Waarheid personeellid is inderdaad verstom deur die onmiddelikke effek wat die binneaarse behandeling meegebring het.

Vir meer inligting oor die wye reeks gesondheidsbehandelinge/skoonheidsdienste wat die sentrums in Glen Marais, Linksfield en Kaapstad aanbied, loer gerus op hulle webwerf.

www.infusionrevolution.co.za

Of skakel 010 8880 6328 of 081 280 2741

Leave a Reply