Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Zodwa Mokoena, het die vonnis wat aan Warren Tapela (31) opgelê is, verwelkom toe hy in die Middelburg Streekhof verskyn het op aanklag van diefstal van spoorlyne.
Tapela het skuldig gepleit op die aanklag en is daarna gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf met ‘n alternatiewe boete van R10 000 00. Die hof het Maandag tydens die vonnisoplegging in ag geneem dat die beskuldigde reeds twee derdes van sy vonnis uitgedien het aangesien hy vir ‘n tydperk van 4 jaar sonder borg opgesluit was.
Hy was 24 Oktober 2018 in hegtenis geneem tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie wat uitgevoer is deur lede van die Middelburg-gebaseerde Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan, bygestaan deur sekuriteitsmaatskappye na aanleiding van die inligting wat ontvang is oor verdagtes wat besig was om spoorlyne op die R555-pad na Stoffberg te steel.
Die operasie het gelei tot die arrestasie van twee buitelandse burgers. Hulle is albei borgtog geweier en het verskeie hofverskynings gemaak totdat hulle op Dinsdag 11 Januarie 2022 skuldig bevind is.
Die saak teen die tweede beskuldigde Liano Mazibe is tot 25 Januarie 2022 vir vonnisoplegging uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding.