Skip to main content

Gretig om die oortreders in ‘n poskantoor-rooftog in Caledon aan die pen te laat ry, het SAPD-lede alle weë gevolg totdat die verdagtes aangekeer is.

Die verdagtes het gister-oggend die personeel by die poskantoor in Pleinstraat met ‘n vuurwapen aangehou en met ‘n onbekende bedrag kontant in ‘n VW Golf van die toneel gevlug. Ondersoek het die polisie na ‘n woning in Zwelihle in Hermanus gelei waar die vier verdagtes van tussen 25 en 35 jaar oud in hegtenis geneem is in besit van die gesteelde kontant, asook ‘n ongelisensieërde pistool. Daar is ook op die wegkomvoertuig beslag gelê.

Sodra hulle aangekla is, sal die verdagtes na verwagting hul hofverskyning in Caledon maak op ‘n aanklag van sakeroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!