Skip to main content

‘n Gasbottel was die oorsaak dat ‘n huis te 71 Marauderstraat, Rhodesfield, sopas in puin gelê is.

Volgens omstanders het ‘n onbekende man met ‘n gasbottel in ‘n vertrek gewerk toe dit aan die brand geraak het. Hy het paniekbevange die vlamgehulde bottel probeer blus maar moes inderhaas die huis verlaat toe die brand oral begin versprei het.

Die man is vir rook-inaseming behandel maar voordat hy vir kommentaar genader kon word was hy per ambulans na die naaste hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ER24 en verskeie brandweerwaens was vinnig op die toneel, maar omdat daar geen brandkrane in die omgewing was nie, kon hulle nie veel doen om die een deel van die huis te red nie.

‘n Kleiner voertuig, ‘n Mahindra bakkie, se brandslang is ingespan om die res van die huis wat nog nie uitgebrand het nie, te probeer red.

Leave a Reply

error: Content is protected !!