Skip to main content
Die soektog na ‘n 9-jarige seuntjie van Noordwes het tragies geëindig nadat sy liggaam in die Tholwane-rivier gevind is.
Die seun het Vrydagmiddag saam met maats in ‘n stroom langs sy huis in die Uitkyk-nedersetting gaan swem toe hy vermoedelik deur die waters meegesleur is.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Elsabe Agoustides, sê die seun se maats het dadelik sy ouers daarvan in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Leave a Reply