Skip to main content

Daar is glo meer as 380 000 agterstallige bestuurslisensie-kaarte wat nog gedruk moet word. Die enigste masjien in die land wat bestuurslisensie-kaarte kan druk is na Duitsland gestuur vir herstelwerk.

Fikile Mbalula, die minister van vervoer, sê hy sal binnekort tydelike maatreëls aankondig.

“Die lisensiemasjien is in Duitsland, dit het gebreek,” het Mbalula gesê.

“Ek gaan tydelike maatreëls met betrekking tot tydelike lisensie aankondig, maar ek gaan voort met die nuwe bestuurslisensiekaarte wat ek in die openbaar sal aankondig.”

Die Waarheid wonder of dit nie dalk goedkoper sou wees om ‘n geskoolde tegnikus na Suid-Afrika te bring om die nodige herstelwerk te doen nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!