Suid-Afrika se groot alkoholprodusente sukkel om produksie-aanvraag te bevredig te midde van ‘ernstige’ tekort aan glas. Dit raak die bier- en sidermarkte.
Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het aan Fin24 bevestig dat hy weens “voorsieningsketting-beperkings” nie alle klantbestellings kan lewer nie, terwyl Distell, wat Savanna, Hunter’s en Klipdrift vervaardig, sê hy ervaar ‘ernstige’ glastekorte, sowel as ‘n tekort aan aluminium, wat gebruik word in die vervaardiging van blikkies, en kurkomhulsels.
In KwaZulu-Natal het Nhlanhla Mbhele geen ander keuse gehad as om sy taverne, Oskido247, wat al 15 jaar in Empolweni bestaan, te sluit nadat hy gesukkel het om produk te kry om te verkoop.