Skip to main content

Die polisie in Gauteng sal skole regoor die provinsie besoek as deel van die jaarlikse ‘begin van die jaar uitrol van die Skoolveiligheidsprogram’ wat gesteun word deur die Memorandum van Verstandhouding wat tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Departement van Basiese Onderwys onderteken is.

Die SAPD in Gauteng is daartoe verbind om te verseker dat skole in die provinsie ‘n veilige omgewing is vir leerlinge. Deur die Adopt a Cop-projek het lede by verskillende polisiestasies skole in hul polisiëringsgebied “aangeneem”. Hierdie vennootskappe is tot stand gebring en word volgehou om die skoolbestuur in staat te stel om ‘n aangewese polisiebeampte as ‘n kontakpunt te hê om toegang te verkry tot die dienste wat sy skool van die polisiestasie mag benodig.

Die aangewese polisiebeamptes is verantwoordelik om bewusmaking by skole te skep en leerders sensitief te maak oor onder meer die gevare van boelies, dwelmmisbruik, dwelmhandel, die dra van gevaarlike wapens asook bendelede.

Die polisie sal ook hul pogings daarop toespits om ouers te betrek oor die veiligheid van hul kinders wanneer hulle by skole afgelaai en opgelaai word.

Veiligheidswenke:

*Wanneer jy kinders by die skool aflaai, maak seker dat die kinders veilig die skoolwerf binnegegaan het voordat jy wegry.

*Leer kinders om ten alle tye van vreemdelinge weg te beweeg, of om nooit vir vreemdelinge hul naam of waar hulle woon, te gee nie.

* Moenie die kinders se name of besonderhede op hul rugsakke skryf of waar dit maklik toeganklik sal wees vir vreemdelinge nie.

* Moedig kinders aan om die maatsisteem te gebruik en vermy om alleen buite of in openbare plekke te loop of speel.

* Oefen basiese veiligheidsvaardighede saam met jou kind en leer hulle om belangrike inligting soos noodkontakbesonderhede te memoriseer.

*Indien jy vermoed dat jou kind dalk vermis word, tree dadelik op deur by jou naaste polisiestasie aan te meld. Daar is geen wagtydperk om ’n vermiste kind aan te meld nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!