Skip to main content

Kapt. Pierre Marx, ʼn ervare polisieduiker wat die afgelope naweek in Oos-Londen verdrink het tydens ʼn reddingspoging, toe sy veiligheidstou vermoedelik gebreek het.

Volgens die polisie het Marx Saterdag vermis geraak nadat hy saam met ander duikers van die Oos-Londen K9-soek-en-reddingseenheid op ʼn klagte van ‘n verdrinking gereageer het, nadat mense in die Horseshoe-vallei in die buitewyke van dié stad deur ʼn rivier meegesleur is.

“Nadat die eenheid op die toneel aangekom en die situasie geassesseer het, het hulle vasgestel dat die man wat alarm gemaak het op ʼn eiland in die hoofstroom van die Nahoonrivier was, saam met drie oorledenes. ʼn Vierde slagoffer was vermis in die water,” sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap.

Die beamptes het die man, vermoedelik ʼn boer, na veiligheid gebring en die drie liggame oor die rivier geneem.

“Kapt. Marx het teen ʼn sterk stroom baklei, ten spyte van sy kollegas se pogings om hom te red. Hy het in die stroom verdwyn en sy liggaam is eers Sondagoggend gevind,” sê Kinana.

Leave a Reply