Skip to main content

Pretoria se 012 Lifestyle-klub het Saterdagaand grootskaalse aandag getrek nadat kliënte ‘n reuse kroegrekening van R1,3 miljoen teweeggebring het.

Die partytjie is oral op sosiale media gedeel. Baie mense het geglo dat dit ‘n foefie was, maar die klub het bevestig dat die rekening wel daardie bedrag beloop het. Die kelners se fooitjie was ongeveer R124 000.

Dit blyk dat mense nie leer dat SARS oë en ore oral het nie. Hamilton Ndlovu was juis deur hulle vasgevat nadat hy met sy reeks luukse motors op sy sosiale blad gespog het, en daar bevind is dat hy nooit belasting op ‘n regeringskontrak betaal het nie.

Die reuse kroegrekening is deur Passion Java, ‘n ryk Zimbabwiese pastoor betaal.

Leave a Reply