Pogings deur verskeie lande word verskerp om Soedan se ‘vryval na chaos’ stop te sit.
Die Permanente Verteenwoordiger van Noorweë en president van die VN se Veiligheidsraad vir Soedan, Mona Juul, sal na verwagting ‘n sitting hou om die situasie in Soedan te bespreek.
Die VSA het ook vergaderings met die diplomatieke en veiligheidsafvaardiging van die Sentrale Intelligensie-agentskap en Soedanese militêre en politieke leiers geskeduleer.
’n Bron van die Amerikaanse regering het gesê die veiligheidsafvaardiging van ‘binne die administratiewe raamwerk’ van president Joe Biden, wil probeer verhoed dat sake in Soedan verder in chaos verval ná premier Abdallah Hamdok se bedanking.
Daar was ‘n reeks massabetogings in Soedan teen ‘n militêre staatsgreep gelei deur generaal Abdel Fattah al-Burhan. Betogers vra vir volle burgerlike heerskappy en die terugkeer van die weermag na hul barakke.
Minstens 70 mense is tydens die 6 Januarie 2022 Marches of the Millions dood, en honderde ander is beseer. Die sterftes het gekom ‘n dag nadat die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, op Twitter ‘n beroep gedoen het vir Soedanese veiligheidsmagte om “op te hou om dodelike geweld teen betogers te gebruik en hulle tot ‘n onafhanklike ondersoek te verbind.”