Skip to main content

Dr Pieter Groenewald sê die volgende:

Die werk en aanbevelings van die Zondo-kommissie, waarvan die eerste deel reeds openbaar gemaak is, sal slegs van waarde wees vir belastingbetalers indien daar opgetree word om die aanbevelings uit te voer.

Sedert die kommissie op 21 Augustus 2018 met sy werksaamhede begin het, het dit die staat reeds sowat R1 miljard gekos.

Die aandag sal nou gefokus word op president Cyril Ramaphosa om te sien of die kommissie se aanbevelings wel uitgevoer gaan word.

Indien dit nie gedoen word nie, sou dit beteken dat die ondersoek van langer as drie jaar ʼn vermorsing van tyd en belastingbetalers se geld was.

Deel Een van die verslag beveel onder meer aan dat ʼn onafhankliklike teenkorrupsie-agentskap gevestig word vir Suid-Afrika. So ʼn agentskap moet in staat gestel moet word om sonder politieke- of regeringsinmenging op te tree.

Die VF Plus steun hierdie voorstel. Korrupsie is omvangryk in Suid-Afrika en dit sou nie help om dit binne politieke verband te probeer behandel of bestry nie. Om hierdie rede is dit belangrik om die aanbevelings behoorlik te implementeer.

Die kommissie se aanbevelings oor vervolging is in werklikheid ʼn belediging vir die land se strafregstelsel.

Indien dié stelsel behoorlik gefunksioneer het, sou daar reeds optrede teen die betrokke persone moes wees aangesien die gebeure rondom staatskaping bekend en goed gedokumenteer is.

Pres. Ramaphosa sal die mense van Suid-Afrika faal indien hy nie daadwerklik optree om die aanbevelings uit te voer nie en die VF Plus sal die verwikkelinge in hierdie verband fyn dophou.

Leave a Reply