Skip to main content

Die polisie by Selosesha Polisiestasie het Dinsdag ‘n klag ontvang van ‘n skietvoorval wat in Rooifontein Trust in Thaba Nchu plaasgevind het. ‘n Patrollievoertuig is uitgestuur om dit te ondersoek en met hul aankoms op die toneel is hulle deur die klaer ingelig dat ‘n groep swart mans wat in ‘n wit Ford Ranger Single Cab gery het, losgebrand het en sy twee broers geskiet het.

‘n Ambulans het ook by die toneel opgedaag en die paramedikus het ‘n 35-jarige slagoffer wat buite die winkel gelê het ondersoek en hom dood verklaar. Die ander broer, ‘n 17-jarige, is hospitaal toe gehaas vir behandeling.

’n Ondersoekspan is saamgestel en vier verdagtes is gister in hegtenis geneem. Die verdagtes is tussen 30 en 37 jaar oud.

Vier leë patrone en ‘n projektiel wat in die mans se besit gevind was, is as bewysstukke ingedien. Die wit Ford Ranger is ook gekonfiskeer.

Die verdagtes sal vandag in die Selosesha-landdroshof verskyn.

Leave a Reply