Aangesien tieners meer staat maak op sosiale media as ander ouderdomsgroepe, kan dit verskeie effekte op hul gemoed hê.
Al die media-inligting aangaande sake verwant aan Covid-19 kan sommige tieners verward laat.
Daar is egter tieners wat nie werklik ly onder kwarantyn- en inperkingsreëls nie omdat hul fone hul reddingsboeie is in hierdie tydperk.
Volgens kenners is die onderstaande van die emosies wat tieners kan ervaar tydens die pandemie en die verwante regeringsreëls:
- bang óf verlig dat hul studies onderbreek is, veral tieners in graad 11 of matriek
- gefrustreerd of hartseer dat hulle nie saam met hul vriende kan kuier nie
- teleurgesteld dat groot sosiale geleenthede gekanselleer is
- bekommerd dat iemand vir wie hulle lief is, siek sal word
- bang om die virus te kry, veral as hulle nog skool bywoon
- oorweldig deur voortdurende nuwe nuus van Covid-19 in die media
Hier is ‘n paar stappe wat jy kan volg om die omstandighede aangaande die gemoed van jou tiener beter te hanteer, dit te verstaan, en hulle te help:
- Maak tyd om oor hierdie pandemie te praat
Gee jou volle aandag aan jou kind wanneer jy/julle ‘n gesprek oor die pandemie voer. As hy/sy nie aan die gesprek wil deelneem nie, moenie dit forseer nie. In só ‘n geval kan jy hom/haar laat verstaan dat jy sal luister sodra hy/sy gereed is om met jou oor hierdie onderwerp te gesels.
- Vind uit wat jou kind weet van die inperking en tuiskwarantyn
Vra jou kind wat hulle die impak van die situasie waarin ons is besef en of hulle enige vrae daaromtrent het.
- Bly neutraal (kalm) tydens sulke gesprekke
‘n Kalm ouer laat kinders meer gerus voel, en dit sal hulle ook aanmoedig om vrylik met jou ‘n gesprek te voer.
- Bespreek mediadekking van die virus, inperking en kwarantyn
Vind uit of jou tiener enige inligting aangaande die pandemie het, en ook waar hulle die inligting bekom het.
Maak seker dat jý die regte inligting het, sodat jy ‘n ingeligte gesprek kan voer asook enige vrae se antwoorde kan gee.
- Verduidelik die situasie waarin ons is
Dit is belangrik om positief te bly, en dit so aan jou tiener/s oor te dra. Hou by die feite gedurende gesprekke. Betrek jou tiener/s by idees oor hoe jou hele gesin die tydperk makliker te hanteer.
- Skakel in op jou kind se gevoelens
Alhoewe sommige tieners nie omgee om ingehok te wees nie, is daar ander wat nie sulke situasies goed hanteer nie.
Laat jou kind weet dat jy sy/haar gevoelens verstaan en dat hulle ‘n geldige rede het om onseker te voel oor die huidige situasie.
As jou kind duidelike angs of tekens van depressie toon, kontak dadelik jou plaaslike algemene praktisyn. Hy/sy kan jou verwys na ‘n geleerde persoon wat jou kind/ers kan help.
‘n Ander opsie is vir jou kind/ers om 0800 1111 te skakel waar hulle direk met ‘n opgeleide berader kan gesels.