Skip to main content

’n Nigeriese man is dood nadat hy twee pakkies metamfetamien ingesluk het in ’n oënskynlike poging om die dwelms vir polisiebeamptes weg te steek.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Wayne Minnaar, sê beamptes het ‘n verdagte voertuig langs die pad buite Turffontein brandweerstasie, in die suide van Johannesburg opgemerk.

Hy sê dit het vir beamptes gelyk asof ‘n transaksie plaasvind waartydens dwelms verkoop word.

Hulle het die motor genader waarna die bestuurder probeer wegjaag het.

Hulle kon daarin slaag om die voertuig voor te keer waarna die bestuurder aan die beamptes gesê het hy werk vir sy broer.

Die verdagte het hulle na Eloffstraat vergesel en by hulle aankoms het die broer twee pakkies dwelms ingesluk.

Alhoewel ‘n ambulans ontbied is, was die man reeds dood toe paramedici opgedaag het.

Volgens Minnaar het ‘n groep Nigeriese mans later opgedaag en die beamptes aangeval.

Die oorspronklike verdagte is aangekeer op dwelm-verwante klagtes terwyl twee ander buitelanders ook in hegtenis geneem is op klagtes van aanhitsing van geweld op die toneel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!