Ses mense is in ‘n kop aan kop botsing met ‘n leë taxi dood. Die taxi was oppad na die Wes-Kaap toe die ongeluk op die N9 tussen Graaff-Reinet en Aberdeen laat gisteraand plaasgevind het.
‘n Baba van 9 maande het ongedeerd uit die ongeluk ontsnap en het volgens ooggetuies nie eers ‘n skraapmerk opgedoen nie.
Nege ander insittendes, insluitend die baba se ma, is in die hospitaal opgeneem met beserings.
Die bestuurder van die oorlaaide taxi is ook in die botsing oorlede.