Mnr. Soon Jansen van Vuuren, van Parys in die Vrystaat, was op Nuwejaarsdag omstreeks 18:15 op die N1 Randburg Suid roete – net na die Malibongwe-afrit in die rigting van Bloemfontein – in ‘n ernstige motorfietsongeluk beseer.
Life Fourways Hospitaal het Van Vuuren se toestand gestabiliseer waarna hy Sondagoggend deur IMR met ‘n intensiewe ambulans (‘n spesiale ambulans vir ernstige gevalle) na Potchefstroom se staatshospitaal vervoer is.
Hy het vyf gebreekte ribbes, sy regterknieg is gebreek, daar is ‘n gat in sy regterlong, ‘n skeur op die brein, asook verskeie kneusplekke aan sy arms en bene.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die Johannesburg Metropolitan Police Department (JMPD) ondersoek.