Skip to main content

’n Rusland-geleide veiligheidsalliansie van oud-Sowjet-state sal vredesmagte na Kazakstan stuur, het Armenië se premier Donderdag gesê nadat Kazakstan se president ’n pleidooi hul hulp gemaak het te midde van toenemende onrus.

Die Armeense premier, Nikol Pashinyan, het op Facebook gesê ‘n ongespesifiseerde aantal vredesmagte sal vir ‘n beperkte tydperk na Kazakstan gaan om die situasie te stabiliseer, nadat regeringsgeboue in die stad Almaty afgebrand is en sy internasionale lughawe beset is.

Agt polisie- en nasionale troepe is Dinsdag en Woensdag in die onrus dood, het Rusland se Spoetnik-agentskap die Kazakse ministerie van binnelandse sake Woensdag aangehaal. Russiese nuusagentskappe, wat Kazakse media aangehaal het, het later gesê twee soldate is ook dood in wat hulle beskryf het as ‘n ‘anti-terroriste-operasie’ by die Almaty-lughawe.

Die Verenigde Nasies volg die onrus in Kazakstan met kommer, en vra vir selfbeheersing, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê.

“Ons volg dit natuurlik met kommer en monitor die situasie in Kazakstan. Ek dink dit is baie belangrik vir almal wat by hierdie huidige gebeure betrokke is om selfbeheersing uit te oefen, hulle van geweld te weerhou en dialoog te bevorder om al die tersaaklike kwessies aan te spreek,” het Stephane Dujarric, die woordvoerder van Antonio Guterres, die sekretaris-generaal van die VN gesê.

Die betogings het Sondag in die olieproduserende westelike provinsie Mangystau begin ná die opheffing van die prysperke op vloeibare petroleumgas (LPG), ‘n gewilde motorbrandstof, wat verbruikerspryse skerp laat styg het. Die betogings het vinnig versprei na ander dele van die omliggende Mangystau-provinsie en die land se grootste stad, Almaty.

Betogers het beheer van Almaty se internasionale lughawe oorgeneem, het ‘n bron wat vertroud is met die saak aan Reuters gesê. Vlugte is toe gekanselleer.

In die vroeë oggendure van Donderdag, in sy tweede televisietoespraak binne enkele ure, het Kassym-Jomart Kemelevich Tokayev Tokayev gesê: “Dit is ‘n ondermyning van die integriteit van die staat en die belangrikste: dit is ‘n aanval op ons burgers wat my vra om hulle dringend te help.” Tokyev is ‘n Kazakse politikus en diplomaat wat sedert 20 Maart 2019 dien as die president van Kazakhstan.

Noodtoestande is in Nur-Sultan, Almaty en die westelike Mangystau-provinsie afgekondig, insluitend ‘n oornag-aanklokreël en ‘n verbod op massa-byeenkomste. Die internet is gesluit.

Tokajef het gister ‘n presidensiële dekreet onderteken om die bedanking van die land se regering te aanvaar.

Die president het toe waarnemende ministers beveel om die brandstofprysstyging om te keer, wat die koste van vloeibare petroleumgas verdubbel het.

Leave a Reply