Branddeure wat in die Parlement geïnstalleer is, en wat veronderstel was om enige vure uit te hou, is gekortwiek deur die “goedkoop skarniere” wat daaraan aangebring is.
Senior brandveiligheidspersoneel het ‘n verslag voltooi nadat hulle gekyk het na die oorsaak van die brand wat Sondagoggend uitgebreek het.
Die bevindings is aan die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die speaker van die Nasionale Vergadering, oorhandig.