Skip to main content

Daar kon die afgelope 7 weke geen bestuurslisensie-kaarte gedruk word nie. Die enigste masjien in die land wat bestuurslisensie-kaarte kan druk, het gebreek.

Die masjien is al reeds twintig jaar oud. Die aangrensende gebou het glo waterskade opgedoen en dit het ‘n elektriese kortsluiting veroorsaak.

Dit is egter die enigste masjien in die land wat bestuurslisensie-kaarte kan druk. Om alles te kroon geld die amnestieperiode vir die ‘laat hernu’ van rybewyse nie vir alle motoriste nie.

Motoriste wie se lisensies voor 31 Augustus 2021 verval het omdat hulle nie afsprake kon maak vir die hernuwing van lisensies nie as gevolg van Covid-19, sal nog tot 1 Maart 2022 wettig kan bestuur, maar dit geld nie vir motoriste wie se lisensies op 1 September 2021 verval het nie.

Die moontlikheid bestaan dat motoriste op hul eie koste aansoek sal moet doen vir ‘n tydelikse lisensie wat vir ses maande geldig sal wees.

Leave a Reply

error: Content is protected !!