Skip to main content

’n Gesin se “troetelhond” wat bure woedend het nadat hy hul eende en hoenders doodgemaak en geëet het, blyk toe al die tyd ’n jakkals te wees.

Maribel Soleto het ‘n nuwe hondjie by ‘n klein winkeltjie in Sentraal-Lima, Peru, gekoop, omdat sy glo dit was ‘n jong hond.

Die dier, wat hulle “Run Run” genoem het, het aanvanklik vrolik met ander troetelhonde in die woonbuurt gespeel, maar soos hy gegroei het, het tekens verskyn dat iets nie heeltemal pluis is nie.

Run Run het ‘n ware passie getoon om eende en hoenders te jaag en dood te maak. Dit het die plaaslike gemeenskap woedend gemaak.

Die troeteldier het geblyk ‘n Andes-jakkals te wees, wat dun bene, ‘n bosstert, ‘n spits kop en prominente ore het.

Run Run het ‘n paar dae gelede van die huis af weggehardloop en die ekologiese polisie en amptenare van die staat se Nasionale Bos- en Natuurlewediens (SERFOR) soek hom nou om hom na ‘n spesiale sentrum of dieretuin te neem.

“Ons het gedink hy is ‘n rasegte hondjie,” sê me Sotelo, wat bygevoeg het dat haar tienerseun die dier sowat ses maande gelede vir die ekwivalent van $13 (£10) as ‘n troeteldier gekoop het.

Leave a Reply