Dr. Joe Phaahla, die Minister van Gesondheid, het die ouers van die 1764 babas wat op Nuwejaarsdag regoor die land gebore is, geluk gewens.
Die eerste baba wat op Nuwejaarsdag haar verskyning gemaak het, was ‘n meisie waaraan ‘n 25-jarige vrou om 00:00 geboorte gegee het by die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga.
Daar was ‘n totaal van 894 Nuwejaars-babameisies en 870 -babaseuns aangeteken. Meer as 65 babas behoort aan tienerma’s tussen die ouderdom van 13 en 19 jaar oud.
Babas gebore op die eerste dag van die jaar 2022:
Gauteng
Totaal: 373
Seuns: 190
Dogters: 183
Noordwes
Totaal: 124
Seuns: 62
Dogters: 62
Limpopo
Totaal: 215
Seuns: 107
Dogters: 108
Vrystaat
Totaal: 112
Seuns: 54
Dogters: 58
Noord-Kaap
Totaal: 49
Seuns: 26
Dogters: 23
Oos-Kaap
Totaal: 246
Seuns: 113
Dogters: 133
KwaZulu-Natal
Totaal: 264
Seuns: 135
Dogters: 129
Wes-Kaap
Totaal: 175
Seuns: 93
Dogters: 82
Mpumalanga
Totaal: 206
Seuns: 90
Dogters: 116