Skip to main content

Die Polisiebeamptes in Gqeberha is daartoe verbind om veiligheid in die gemeenskap gedurende die feestyd te verseker. Voortgesette pogings om die verspreiding van onwettige vuurwapens doeltreffend te beveg het Vrydag vrugte afgewerp toe wakker lede van SAPD Kwazakele drie manlike verdagtes aangekeer het.

Lede was omstreeks 11:00 besig met roetine-stop- en deursoekoperasies in Malistraat, Zwide, toe wakker lede opgemerk het dat daar gepeuter is met die nommerplaat van ‘n 208 Peugeot. Die bestuurder en die passasiers is opdrag gegee om van die pad af te trek. Die voertuigregistrasie is dadelik getoets en dit het nie ooreengestem met inligting op die stelsel nie. Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat die voertuig gesteel is tydens ‘n huisroof wat gedurende November 2021 in die New Brighton-omgewing plaasgevind het.

Met die deursoek van die voertuig is twee vuurwapens (‘n 7.65 waarvan die reeksnommer afgekrap is en ‘n gaspistool) gevind. Die drie verdagtes (ouderdomme 23 – 27) is gearresteer op aanklagte wat wissel van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Die drie verdagtes moet Maandag, 3 Januarie 2022 in die New Brighton-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagte. Nog aanklagte kan bygevoeg word terwyl die ondersoek ontvou.

Daar is beslag gelê op die voertuig en die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!