Skip to main content

Die petrolprys sal van Woensdag af met tussen R0,68 en R0,71 daal, het die ministerie van minerale hulpbronne en energie Maandag gesê.

Die volgende prysopdaterings is aangekondig:

  • 93 ULP- en LRP-brandstof sal met R0,71 daal;
  • 95 ULP en LRP sal met R0,68 daal;
  • diesel (0,05% swael) sal met net minder as R0,68 per liter daal;
  • diesel (0,005% swael) sal met net minder as R0,70 per liter daal;
  • verligtingsparaffien (groothandel) sal met R0,71 daal; en
  • die maksimum kleinhandelprys van LP-gas sal met R0,70 per kilogram daal.

Luidens ‘n verklaring van die ministerie is die verlagings gegrond op internasionale en plaaslike faktore, insluitend die rand wat teenoor die dollar verswak het (van R15,40 tot R15,92 per USD) en die daling in die prys van ru-olie van $83 tot $76 per vat.

Leave a Reply

error: Content is protected !!