Die Redelinghuys-speurders vra hulp van die publiek om die persoon wat op die foto uitgebeeld word op te spoor. Die vrou kan hulle glo bystaan in ‘n moordondersoek. Sy het vroeër op ‘n plaas in die Redelinghuys-omgewing gewoon.
Enigiemand wat kan help met inligting oor waar hierdie persoon is, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte speurder-ao Schmidlin te kontak by 022 962 1620 of 079 894 1823 alternatiewelik Crime Stop by 08600 10111.
Navrae:
Kaptein Frederick van Wyk
082 302 9906