Skip to main content

Die SAPD het verlede Maandagaand ‘n lyk ‘n dam in Kameeldrift omgewing gevind.

Volgens ‘n ooggetuie is die lyk gevind sonder ‘n kop en die hande was na bewering afgesny.

Kameeldrift-polisiewoordvoerder, sers Mavis Sindane, sê die lyk is omstreeks 23:00 rondom Leeufontein-landgoed ontdek.

“Ek kan bevestig dat ‘n liggaam van ‘n man gevind is en ‘n saak van moord word ondersoek,” het sy gesê.

Volgens ‘n ooggetuie is die lyk gevind met beide die kop en hande afgesny, maar die polisie kon geen besonderhede bevestig nie.

Sindane het gesê meer besonderhede sal volg.

Leave a Reply