Skip to main content

Linah Malatjie en haar man is vroeg vanoggend in ‘n motorongeluk dood.

Dit is onduidelik waar die ongeluk gebeur het, maar Malatjie het glo saam met haar man in Mpumalanga gereis.

Besonderhede rondom die ongeluk bly onduidelik, maar Eyewitness News het verneem dat ‘n afvaardiging van die provinsiale regering op pad is na die Malatjie-huishouding om meer inligting in te win.

Malatji was sedert 2018 die burgemeester van Emalahleni.

Leave a Reply