Skip to main content

Kwazulu Privaat Ambulansdiens het gistermiddag na ‘n oord in Port Edward gehaas ná berigte van ‘n verdrinking.

Paramedici het met hul aankoms gevind dat NSRI Port Edward reeds met KPR begin het op ‘n 8-jarige kind wat in ‘n swembad verdrink het.

Advanced Life Support Paramedici het die resussitasie van die kind oorgeneem en kon daarin slaag om die kind se hartjie weer suksesvol aan die klop te kry.

Die kind is daarna na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Ten spyte van al die pogings van verskeie paramedici en hospitaalpersoneel het die kind se toestand agteruit gegaan en is daarna deur mediese personeel in die hospitaal dood verklaar.

Die voorval sal verder ondersoek word deur die SAPD

Leave a Reply

error: Content is protected !!