Skip to main content

ActionSA sê dreigemente van protesoptrede deur geskorste lede is deel van ‘n politieke komplot om die party uitmekaar te skeur.

Dis byna twee maande ná die munisipale verkiesing en AksieSA sit steeds met ongelukkigheid van sommige van sy lede oor die samestelling van die party se proporsionele verteenwoordigingslys.

“Hierdie hele kwessie kom daarop neer dat hulle nie verkies is nie. Om ‘n kandidaat te wees, waarborg nie dat jy verkies sal word nie. Ons wil natuurlik hê dat meer mense verkies moet word, maar die aard is dat sommige inkom, en sommige nie,” het die party se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!