Skip to main content

Die Valke se Suid-Afrikaanse Narkotika-handhawingsburo het, tesame met die Misdaadintelligensie en K9-eenheid, vinnig gereageer op inligting oor ‘n verdagte wat na bewering op eergister ’n klomp dwelms in die Vaal-omgewing versprei het.

‘n Voertuig wat by die inligting verskaf se beskrywing pas, is omstreeks 19:45 op die R59-hoofweg op pad na Vereeniging opgemerk. Toe die oranje Nissan Navara gestop en deursoek is, is ‘n grys drasak na bewering op die agtersitplek gevind. Daarin was vyf (5) pakkies wat 1,5 kg elk weeg en vermoedelik ‘kristalmeth’ bevat.

Daar is beslag gelê op die 7,5 kg ‘vermoedelike kristalmethaan’ ter waarde van ongeveer R 2 miljoen vir verdere ondersoek. Die voertuig wat na bewering in die pleging van misdaad gebruik is, is ook geskut.

’n 47-jarige verdagte is gearresteer en hy sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn vir handel in dwelms.

Leave a Reply