Skip to main content

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het in Desember nagenoeg R1 miljard aan 180 833 begunstigdes uitbetaal nadat hy sy u-Filing-eise vanaf Pretoria na provinsies gedesentraliseer het.

Volgens die WVF het desentralisering van die u-Filing-eise daartoe gelei dat aansoeke vinniger verwerk is en verseker dat begunstigdes hierdie feesseisoen vir hul gesinne kon voorsien.

Makhosonke Buthelezi, die woordvoerder van die WVF het gesê die desentraliseringsproses het die aanlyn eiseagterstand drasties verminder van 111 000 in September 2021 tot 28 000 in November 2021, en tans is daar 3 701 eise wat via sy uFiling-stelsel ingedien is wat nie betaal kan word nie a.g.v. verskeie administratiewe redes, berig IOL.

Die WVF gaan ook voort met betalings van Covid-19 TERS-hulpskema en werkers wat deur die onrus (WABU) geraak word. Sedert die ontstaan ​​van die Covid-19 TERS-verligtingskema in Maart 2020 tot op hede, het die Fonds R63,8 miljard uitbetaal, wat verligting aan minstens 5,4 miljoen mense gebring het.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!