Skip to main content

’n Man is aan’t vlug vir die polisie nadat hy sy boerpot-wennende vriend in die steek gelaat het en verdwyn het met sowat R8 miljoen se Lotto-geld.

Die Zimbabwiër Emmanuel Mundiya het die lotto in 2019 gewen en R8,2 miljoen se wengeld ontvang. Die buitelander het egter nie op daardie stadium ‘n Suid-Afrikaanse bankrekening gehad nie, en daarom het hy sy vriend Qongani Moyo gevra dat hy die geld in sy rekening kan laat betaal.

Moyo het daarna ‘n luukse voertuig met die geld gekoop, dit in sy naam geregistreer en verdwyn – Mundiya se nommer geblokkeer en sy vriend se bankkaart gekanselleer.

Mundiya het kriminele klagte gelê teen Moyo, wat in 2020 in die hof verskyn het. Sy saak is verskeie kere uitgestel nadat hy op borgtog vrygelaat is, en hy het intussen verdwyn.

Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) het sedertdien beslag gelê op die oorblywende R3 miljoen wat in Moyo se rekening oorgebly het en dit aan sy regmatige eienaar terugbesorg, maar die bewyse van al die transaksies ontussen verskeie rekeninge wat in Moyo se naam geopen is, moet nog nagegaan word om as bewyse te dien.

TimesLIVE het gister berig dat hofstukke wat met die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) se ondersoek na Moyo gekoppel is, aan die lig gebring het dat Moyo se rekening ‘n negatiewe saldo van R4,36 gehad het voordat die Lottogeld daarheen oorgeplaas is.

Daarna het Moyo die geld na vier verskillende rekeninge geskuif, met die hofstukke wat sê dat hy “beheer daaroor geneem het en daarmee transaksies gedoen het asof die geld sy eie was”.

Leave a Reply