‘n Polisiebeampte van Limpopo het omstreeks 20:00 gisteraand op die N1 naby die Mantsole weegbrug ‘n voorwerp met sy diensvoertuig getref. Hy was op pad terug na Limpopo nadat hy van sy kollegas in Pretoria afgelaai het.
Hy het onmiddelik omgedraai om ondersoek in te stel omdat hy vermoed het, hy het dalk ‘n dier getref. Die polisiebeampte het na nadere ondersoek besef dat hy ‘n voetganger getref, nadat hy verskeie liggaamsdele langs die pad gevind het.
Die beampte het onmiddelik die voorval gerapporteer en ‘n soektog na nog liggaamsdele is begin.
Volgens die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat OPOD se woordvoerder, Grace Langa is ‘n onbekende man se kop gevind, waarna ‘n been sonder ‘n voet ook gevind is.
Die voorval word verder ondersoek.