Eskom het gister bevestig dat ‘n interne fout gelei het tot ‘n transformatorontploffing op Eenheid 8 van die Camden Kragstasie. Die eenheid produseer ongeveer 190MW. Die brand is onder beheer gebring en geen beserings is aangemeld nie. ’n Ondersoek om die oorsaak, die omvang van die skade en die moontlike terugkeer tot diens te bepaal, is aan die gang.
Eskom verwag geen toevoeronderbreking as gevolg van hierdie voorval nie.