Die prys vir ‘n ekslusiewe sitplek langs Cyril Ramaphosa, die ANC-president, by die party se presidensiële Verjaardag galadinee sal R1,2 miljoen kos.
Die bedrag vorm deel van die ANC se titaniumpakket aan gaste wat belangstel om die gala dinee by te woon.
Die goue pakket, R95 000 per sitplek, sal deur óf ANC-voorsitter Gwede Mantashe, adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte óf party-tesourier Paul Mashatile aangebied word.