Skip to main content

’n Man is van ’n vlug in die VSA afgeskop omdat hy vroue-onderklere as gesigmasker gedra het.

In beeldmateriaal wat deur ‘n ander passasier geneem is en wyd aanlyn gedeel is, kan gesien word hoe Adam Jenne ‘n pienk deurtrekker oor sy gesig dra terwyl hy in sy sitplek sit voordat die vlug van Fort Lauderdale na Washington opgestyg het.

In beeldmateriaal wat na die voorval verfilm is, het mnr. Jenne gesê dat hy wou wys dat dit “absurditeit” is en ook uit protes dat mense maskers moet dra tydens vlugte.

‘n Lugwaardin wat sê: “Jy sal van die vliegtuig moet afkom. Ons gaan jou nie toelaat om te reis nie,” kan in die video gehoor word.

Daar kan dan gehoor word hoe Meneer Jenne van Florida vra “Hoekom?”, waarop die personeellid antwoord: “Jy voldoen nie aan maskervereistes nie.”

Jenne het wye ondersteuning van mede-passasiers gehad aangesien verskeie ander ook na bewering opstaan en die vliegtuig verlaat het.

Leave a Reply