Skip to main content

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Nomthetheleli Lillian Mene het haar skok uitgespreek oor die verlies van nog twee polisiebeamptes in afsonderlike voorvalle oor die Kersnaweek.

Die 47-jarige konstabel Phumla Mabindisa was na bewering in Cedervile doodgeskiet deur ‘n persoon wat glo haar kêrel is. Volgens die aanvanklike ondersoek het die twee ‘n onderonsie gehad wat vermoedelik tot die voorval gelei het en sy is later dood in haar kamer gevind. ’n Saak van moord is daarna vir ‘n ondersoek geopen. Die 39-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering selfmoord probeer pleeg het. Hy ontvang tans mediese hulp in die hospitaal. Konstabel Mabindisa was ten tyde van haar dood by die Cedarville-polisiestasie gestasioneer.

In ‘n ander geval het ‘n ongeluk die lewe geëis van die 52-jarige kaptein David Bonga wat by Mount Frere-polisiestasie gestasioneer was. Kaptein Bonga was op pad vanaf Qumbu na Mt Frere toe die voertuig wat hy bestuur het, na bewering naby KuMntwana op ‘n skerp draai omgeslaan het. Hy is op die toneel dood. Hy het 27 jaar in die organisasie gedien. ’n Saak van Strafbare Manslag word tans ondersoek.

Mene het haar meegevoel aan die bedroefde families gestuur en gesê die dood van nog twee polisiebeamptes was ‘n dubbele slag vir die SAPD. “Mag hulle kosbare siele in vrede rus. Ons is inderdaad verpletter oor hierdie tragiese verlies. Die bedroefde families se verlies is ook ons ​​verlies in hierdie tyd. Die SAPD sal dus alles moontlik doen om te verseker dat hierdie gesinne bygestaan ​​word terwyl hulle voorberei om hul geliefdes ter ruste te lê.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!