VRMED paramedici het ongeveer 12:55 met hul aankoms twee voertuie op die toneel gevind. Daar was ‘n man en ‘n vrou met ‘n kind in die bakkie vasgekeer. Hulle was reeds dood.
Die bestuurder van die ander voertuig het ook aan sy beserings beswyk.
Mangaung brandweer en reddingspan moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die liggame uit die wrakke te bevry.
Die toneel is aan SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.