Skip to main content

McDonald’s in Japan moes drastiese stappe neem en slaptjip-rantsoene instel by hul eetplekke as gevolg van ‘n reuse tekort aan invoer-aartappels.

Kanada, hul hoofbron van die kosbare groente, se voorraad het drastiese gekrimp as gevolg van vloede en Covid-19 verwante gebeure.

McDonald’s Japan verkoop sedert verlede Vrydag net klein-grootte slaptjips om tekorte te voorkom.

“As gevolg van grootskaalse oorstromings naby die hawe van Vancouver … en die wêreldwye voorsieningsketting-krisis wat veroorsaak word deur die koronaviruspandemie, is daar vertragings in die verskaffing van aartappels,” het McDonald’s in ‘n verklaring gesê.

Die maatskappy het gesê hy het die maatreël getref om te verseker dat kliënte steeds slaptjips kan bestel, al blyk dit dat die “stabiele verkryging van hulpbronmateriaal” moeilik is.

Die beperking kom gedurende die besige jaareindtydperk, met skole en kantore wat vir die vakansie begin sluit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!