Die Gauteng polisie het een van die mees gesoekte verdagtes wat glo ‘n lid van die sogenaamde Boko Haram-bende is, Sondag in Mamelodi, Pretoria gearresteer.
Dit is ’n bende wat na bewering betrokke is by rooftogte, afpersing, intimidasie en ander ernstige en gewelddadige misdade in Mamelodi en die omliggende gebiede.
Hy was vermoedelik betrokke by misdade soos sakeroof, afpersing, intimidasie en ander ernstige en gewelddadige misdade.
Hy is ook na bewering betrokke by ‘n kettingwinkelroof in Mamelodi waar ‘n onbekende bedrag kontant en kruideniersware geroof is.
Die Provinsiale Kommissaris van die polisie in Gauteng het die arrestasie verwelkom en die polisiespan geloof wat so hard gewerk het om te verseker dat hierdie mees gesoekte verdagte agter tralies is.