Die strategiese ontplooiing van die polisie en verhoogde sigbaarheid op groot roetes het positiewe resultate opgelewer met die konfiskering van meer as R4,1 miljoen se dwelms op die N1 naby Leeu Gamka verlede Vrydag.
Lede verbonde aan Leeu Gamka SAPD en Sentraal-Karoo se honde eenheid, wat as deel van verskeie ‘Veiliger Feesseisoen’-operasies ontplooi is, het ‘n padblokkade op die N1 gehou waar hulle ‘n Toyota Corolla net buite die Sentraal-Karoo voorgekeer het. Die voertuig is deursoek nadat ‘n polisiehond positief gereageer met die deursoeking van die voertuig. ‘n Versteekte kompartement waarin 11 880 kilogram Tik geberg was, is agter die agtersitplek gevind. Die polisie het beslag gelê op die dwelms en die bestuurder in hegtenis geneem op aanklag van handel in dwelms.
Die 44-jarige verdagte bly in polisie aanhouding. Hy sal na verwagting Dinsdag, 28 Desember, in die Prins Albert-landdroshof verskyn.
Die lede van die provinsiale georganiseerde misdaadondersoekers (OCI) wat in Beaufort-Wes ontplooi is, ondersoek die saak.
Brigadier Johan Du Toit, die Beaufort-Wes, het die lede bedank vir die suksesvolle operasie.