Skip to main content

Volgends die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die departement van gesondheid verlede jaar onreëlmatige uitgawes ten bedrae van ongeveer R150 miljoen, asook vrugtelose en verkwistende uitgawes, wat tussen R72 miljoen en R80 miljoen beloop het, aangegaan.

Die Digital Vibes-skandaal van R150 miljoen het Zweli Mkhize, die voormalige minister van gesondheid, tot ’n val gebring.  Hy was van meet af aan gedoem ondanks al die regsuitdagings en sy verbete verduidelikings.

Mkhize moet pa staan vir sy eie ondergang aangesien hy die een was wat druk op amptenare toegepas het om Digital Vibes aan te stel. DV word besit deur sy vriende en medewerkers, Tahera Mather en Naadhira Mitha.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!