Skip to main content

Die Gautengse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n groep van 12 rowers gisteraand ‘n G4S-kontantwa op Paardekraalrylaan, Krugersdorp, gebombardeer en beroof het.

Minstens 12 verdagtes was betrokke by die rooftog.

Die polisie se nasionale woordvoerder, Kolonel Athlenda Mathe, het die rooftog bevestig en gesê dat ‘n G4S-kontantwa ongeveer 18:45 vanaf Silverstar Casino  oppad was, deur ‘n Mercedes Benz van agter gestamp was terwyl die kontantwa op die R28 gery het.

Die verdagtes het op die geldwa begin skiet en die insittendes is uit die geldwa gedwing voordat dit opgeblaas is.

’n Onbekende bedrag geld is geneem voordat die verdagtes in verskeie voertuie van die toneel gevlug het. Daar was nog verdagtes betrokke wat in ‘n wit GTI en blou Hyundai van die toneel gevlug het.

Twee van die G4S-sekuriteitspersoneel het ligte beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hulle dienspistole is ook geroof.

Die SAPD ondersoek die voorval.

Leave a Reply