Skip to main content

Len Cloete het glo vroeër die week sy bewussyn herwin.

Cloete, wat deur ‘n polisiebeampte in die kop geskiet is ná ‘n onderonsie by ‘n lodge in Muldersdrift vroeër die maand, het sy bewussyn herwin nadat hy etlike weke onder sedasie gehou was. Cloete is sterk genoeg om met sy rehabilitasie te begin, het ‘n privaat ondersoeker, Luke Enslin van Mike Bolhuis se Gespesialiseerde Veiligheidsdienste gesê.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod), kan Opod nie in dié stadium ’n onderhoud met Len Cloete voer nie en sal wag dat Cloete herstel, voordat verklarings verkry kan word.

Langa het ook gesê. “Ons wil nie druk uitoefen nie, aangesien alles wat Cloete sê onder eed sal wees en in die gereg gebruik sal word, so ons moet geduldig wees met sy reis na herstel.”

Bolhuis het sosialemediagebruikers versoek om nie die ondersoek te kritiseer nie en lasterlike uitlatings te vermy.

“Ons het nie ‘n probleem met mense wat hul mening gee nie, maar ons doen ‘n beroep op mense om professioneel op te tree en nie emosioneel nie, en ook nie om beledigende en lasterlike stellings te maak nie,” het hy gesê.

“Dit is onaanvaarbaar vir mense om familielede of kinders te intimideer of te verneder. ’n Ernstige misdaadsaak het ’n swaar uitwerking op die persoon en die familielede.

“Ons doen ‘n beroep op mense om twee keer te dink voordat hulle hul mening gee en die skinderpraatjies en kwaadwillige stellings vermy.”

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!