Regter Raymond Zondo sal die sperdatum van 31 Desember mis om die finale verslag van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping aan president Cyril Ramaphosa te lewer.
In plaas daarvan sal professor Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, voor die einde van Desember hof toe gaan om uitstel te vra.
Zondo beplan om ‘n tussentydse verslag teen einde Desember te voltooi, deel twee van ‘n tussentydse verslag teen einde Januarie, en deel drie teen einde Februarie wanneer hy die komissie finaal gaan sluit, berig allAfrica
Zondo het verlede week vir Ramaphosa van die vertraging vertel. “Hoewel die president teen einde Desember ’n volledige verslag sou wou ontvang, verstaan hy die kommissie se standpunt,” het die kommissie gesê. Mosala sê die kommissie sal nie verdere finansiering benodig om sy werk te voltooi nie. Dit het Suid-Afrikaners reeds R1 miljard gekos, en R1,7 miljard is van McKinsey verhaal.
Hoekom die vertraging? “Ons onlangse evaluering het aan die lig gebring dat, hoewel dele van die verslag wat verband hou met sekere werkstrome of entiteite in staatsbesit en onderwerpe teen die einde van Desember gereed sal wees, daar sekere dele is wat ná die einde nog verdere werk sal benodig …