Skip to main content

Na ‘n suksesvolle hofaansoek om stembriewe te hertel, lyk dit of die DA met ‘n volstrekte meerderheid terug in die bestuurdersitplek van die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit is.

Die Wes-Kaapse OVK-baas, Michael Hendrickse, het bevestig daar sal ‘n verandering op die munisipaliteit se raad wees, maar kon nie meer inligting bekend maak nie.

“Die verkiesingshof het ons beveel om twee stemdistrikte in Ceres te hertel, wat ons toe gedoen het. Al wat ek op hierdie stadium kan sê, is dat ons die uitslag van die hertelling aan ons kommissie gekommunikeer het,” het Hendrickse gesê.

Leave a Reply