Skip to main content

Werknemers by ‘n klerewinkel in Hluhluwe CBD was eergister besig om hul pligte uit te voer toe hulle aangeval is deur drie gewapende mans wat hoede en maskers, wat hul gesigte gedeeltelik bedek het, gedra het. Vuurwapen in die hand het hulle die personeel en klante opdrag gegee om op die vloer te gaan lê terwyl hulle die bestuurder met geweld gedwing het om die kluis by die stoorkamer oop te maak.

Terwyl die een verdagte saam met die bestuurder was, was die ander twee besig om splinternuwe selfone in swart drasakke te sit en ook om kliënte van hul eie fone te beroof. Die Hluhluwe-polisie het ‘n klag ontvang van ‘n roof wat aan die gang was en het in hul volle sterkte na die misdaadtoneel gehaas om die verdagtes aan te keer.

Die verdagtes het probeer ontsnap deur die dak, maar dit het misluk. Die polisie het daarin geslaag om al die slagoffers te red en die drie verdagtes in hegtenis te neem. Hulle was in besit gevind van twee ongelisensieërde vuurwapens, selfone en kontant.

Die verdagtes van tussen 24 en 32 jaar oud sal vandag in die Hluhluwe-landdroshof verskyn vir roof en die besit van ongelisensieërde vuurwapens.

Leave a Reply

error: Content is protected !!