Krag sal waarskynlik nie heeltemal teen Kersdag na alle gebiede in die noordelike voorstede van Pietermaritzburg herstel word nie.
Dit is Woensdag deur Msunduzi se munisipale bestuurder, Madoda Khathide, bevestig. Hy het gesê dat ten minste 60% van die inwoners “moontlik hul krag kan herstel hê” teen Kersdag.
Hy het tydens ‘n pers-inligtingsessie by die stadsaal gepraat waar die munisipaliteit ‘n opdatering verskaf het oor die langdurige elektrisiteitstoevoeronderbrekings wat spruit uit verlede Donderdag se ontploffing by die primêre substasie.